Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering

Afdeling: Geesteswetenskappe, In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1 (2015)., ’n Eerste uitgangspunt van die a...

Full description

Saved in:  
Bibliographic Details
Main Author: Rossouw, Johann (Author)
Format: Electronic Article
Language:Afrikaans
Check availability: HBZ Gateway
Interlibrary Loan:Interlibrary Loan for the Fachinformationsdienste (Specialized Information Services in Germany)
Published: 2022
In: 'N joernaal vir die geesteswetenskappe
Year: 2022, Volume: 19, Issue: 1, Pages: 138-161
Standardized Subjects / Keyword chains:B Girard, René 1923-2015
Further subjects:B Apokalips
B Apocalypse
B Automatisation
B Mimesis
B René Girard
B Bernard Stiegler
B Mimese
B Outomatisering
B Johannes Hoff
Online Access: Volltext (kostenfrei)
Description
Summary:Afdeling: Geesteswetenskappe, In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1 (2015)., ’n Eerste uitgangspunt van die artikel is dat daar minstens vyf areas bestaan waarin Girard en Stiegler interessante ooreenkomste en verskille het, te wete die Katolisisme, menslike kulturele evolusie, die rol van begeerte in die samelewing en meer bepaald in die moderniteit, die sondebok, en ’n apokaliptiese toon in veral hulle latere werk., Nadat bogenoemde vyf areas inleidend en vergelykend bespreek is, word in die tweede afdeling ’n kort oorsig gegee van drie begrippe in Stiegler se denke wat nuttig is om sy ontleding van die outomatiese samelewing beter te begryp, asook om kennis te neem van hoe hy hierdie begrippe verder in Die outomatiese samelewing 1 ontwikkel. Hierdie drie begrippe is sy opvatting van industrialisering as die industrialisering van menslike bewussyn en geheue; die performatiwiteit anderkant alle bewussyn; en sy verbintenis tot die Frans-Duitse Verligtingsprojek., In die volgende afdeling word stilgestaan by ses begrippe wat ter sprake kom in Stiegler se ontleding van die outomatiese samelewing, en telkens word hierdie begrippe vanuit ’n Girardiaanse gesigspunt beoordeel, en word gepoog om die twee denkers in ’n heuristies vrugbare dialoog met betrekking tot die industrialisering van mimese as aspek van outomatisering te plaas. Hierdie ses begrippe is begeerte, mimese, algoritmiese regeermatigheid, groeiende dedifferensiasie, die offer, en die nuwe otium van die volk. In die proses ontleed ek wat ek industriële mimese noem., In die slotafdeling word vier gevolgtrekkende opmerkings aangebied, onderskeidelik rakende die oortuigendheid van Stiegler se ontleding van die outomatiese samelewing; my voorbehoude oor sy te beperkte omskrywing van die nuwe otium van die volk; die éintlike digitale skeidslyn as nie een van toegang nie, maar een van aandag (met verwysing na die Katolieke filosofiese teoloog Johannes Hoff); en my eie aansluiting by die apokaliptiese aard van ons tyd, dog met beklemtoning van die hoop wat daar tog nog in die aangesig van die apokalips is.,
ISSN:1995-5928
Contains:Enthalten in: 'N joernaal vir die geesteswetenskappe
Persistent identifiers:DOI: 10.10520/ejc-litnet-v19-n1-a5