Missionale mobiliteit

Hierdie navorsing fokus op missionale mobiliteit. Missionale mobiliteit verwys in die algemeen na 'n missionale grondhouding wat dui op openheid, die vermoë om grense te oorskry en die bereidwilligheid om nuwe terreine te verken. Gestuurdes (sendelinge) is uit die aard van die missionale opdrag...

Full description

Saved in:  
Bibliographic Details
Main Author: Niemandt, Nelus (Author)
Format: Electronic Article
Language:English
Check availability: HBZ Gateway
Journals Online & Print:
Drawer...
Fernleihe:Fernleihe für die Fachinformationsdienste
Published: Stellenbosch University 2023
In: Stellenbosch theological journal
Year: 2023, Volume: 9, Issue: 3, Pages: 1-37
Further subjects:B Missionale ekklesiologie
B Afwagtende leierskap
B Missionale mobiliteit
B Beroepstelsel
B Roeping
B Kreatiwiteit
Online Access: Volltext (kostenfrei)
Volltext (kostenfrei)
Description
Summary:Hierdie navorsing fokus op missionale mobiliteit. Missionale mobiliteit verwys in die algemeen na 'n missionale grondhouding wat dui op openheid, die vermoë om grense te oorskry en die bereidwilligheid om nuwe terreine te verken. Gestuurdes (sendelinge) is uit die aard van die missionale opdrag eerder handelaars as hekwagters, eerder mobiel as staties. Gestuurdes reik uit na ander, verwelkom vreemdelinge, eet wat aan hulle voorgesit word en skuif grense. Hierdie missionale grondhouding word in dié navorsing in verband gebring met die werk van predikante, die gereformeerde kerkregtelike verstaan van die verhouding tussen 'n predikant en 'n gemeente en die waarde van mobiliteit. Daar word aandag gegee aan die verband tussen missionale ekklesiologie en mobiliteit deur te verwys na die volgende aspekte: (1) Stephan Paas se kritiek op beweging en mobiliteit by geïnstitusionaliseerde kerke; (2) die belang van innovasie en grensverskuiwing as missionale grondhouding; (3) die rol van veerkragtigheid en aanpasbaarheid; (4) die wisselwerking tussen liminaliteit en stagnasie en (5) die rol van roeping in 'n predikant se koppeling aan 'n spesifieke gemeente. Die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) se insigte en praktyke m.b.t mobiliteit van predikante word as 'n gevallestudie van 'n gereformeerde benadering tot mobiliteit voorgehou. Die navorsing word afgesluit deur die insigte te integreer en toe te pas op die situasie in die NG Kerk. Daar word aandag gegee aan die missionale fokus in die NG Kerk, die beroepstelsel en die uitdagings met betrekking tot die vestiging van 'n mobiliteitskultuur.
ISSN:2413-9467
Contains:Enthalten in: Stellenbosch theological journal
Persistent identifiers:DOI: 10.17570/stj.2023.v9n3.a11