RT Article T1 Verbonde literatuur in afrikaans JF Koers VO 39 IS 1 SP 10 OP 30 A1 Walt, P. D. van der LA Undetermined YR 1974 UL https://ixtheo.de/Record/1936639807 AB Litterature engagée is ’n veel voorkomende frase in geskrifte en gesprekke oor die letterkunde van ons tyd. Ons vertaal hierdie Franse sinsnede gewoonlik as „verbonde literatuur”, soms ook as „betrokke letterkunde”. Daarmee benoem ’n mens dan ’n spesifieke soort woordkuns, te wete dié wat heel opvallend na onderwerp of tema bemoeienis maak met die politieke, sosiale, ekonomiese toestande, gewoonlik wantoestande, van sekere groepe of klasse mense of hele bevolkingsdele. Dit gaan om die welsyn, of gebrek daaraan, van ’n gemeenskap, dus ’n kollektiewe ideaal of belang, al werk die Iiteratuur by voorkeur uiteraard met die beelding van die konkrete enkeling. Daardie individu in die verbonde Iiteratuur is altyd in ’n mindere of meerdere mate simbool van ’n groep, ’n klas, ’n volk. DO 10.4102/koers.v39i1.1257