RT Article T1 'n Funksionele benadering tot leierskap in groepsdinamiese verband: Enkele aspekte JF Koers VO 41 IS 3/4 SP 168 OP 177 A1 Bester, C. W. LA Undetermined YR 1976 UL https://ixtheo.de/Record/1936639262 AB Sedert die vroegste tye in die geskiedenis vervul leierskap 'n belangrike rol in die menslike samelewing. Oor die begrip "leierskap" bestaan daar tans omtrent net soveel definisies as wat daar leiers is, en is daar veral gedurende die huidige eeu heelwat navorsing oor die verskynsel van leierskap gedoen. Sodanige navorsing, wat steeds 'n toename en meer gespesialiseerdheid toon, kom veral op mikro-vlak voor. Wat laasgenoemde betref, is dit by uitstek die groepsdinamika wat as interdissiplinêre studiegebied sigself besig hou met die bestudering van navorsing ten opsigte van onder andere die volgende: leierskap en groepsfunksies; leierskap en roldifferensiasie; invloed, gesag en status van leiers; leierskap en kommunikasie; oorsake van leierskap en terreine van leierskap. DO 10.4102/koers.v41i3/4.1244