Die wysgerige konsepsie van Thomas van Aquino

Samevattend is tot dusver die volgende aangetoon: Die werklikheid vertoon volgens Thomas 'n hierargiese struktuur. Daar is verskillende grade van syn. God is die hoogste, die volheid van syn, en by die laere synsniveaus is daar steeds 'n verdere verwydering van hierdie synsvolmaaktheid in...

Descrizione completa

Salvato in:  
Dettagli Bibliografici
Autore principale: Aquino, Thomas Van (Autore)
Tipo di documento: Elettronico Articolo
Lingua:Lingua non determinata
Verificare la disponibilità: HBZ Gateway
Interlibrary Loan:Interlibrary Loan for the Fachinformationsdienste (Specialized Information Services in Germany)
Pubblicazione: 1976
In: Koers
Anno: 1976, Volume: 41, Fascicolo: 3/4, Pagine: 133-149
Accesso online: Volltext (kostenfrei)
Volltext (kostenfrei)
Descrizione
Riepilogo:Samevattend is tot dusver die volgende aangetoon: Die werklikheid vertoon volgens Thomas 'n hierargiese struktuur. Daar is verskillende grade van syn. God is die hoogste, die volheid van syn, en by die laere synsniveaus is daar steeds 'n verdere verwydering van hierdie synsvolmaaktheid in die rigting van absolute afwesigheid van syn. Hierdie synshiërargie is volgens die vorm-materieskema opgebou. Die materie in die hoëre synslaag word vorm vir die laere, of omgekeerd: die vorm van die laere is die materie vir die hoëre dinge. God is absoluut suiwer vorm of wet (essensie). Die vorme van die dinge is die goddelike wet (genoem exemplar, similitudo, ratio, verbum of imago ) wat deur God daarin geskape is. God druk op dié wyse sy gelykenis op kreatuur.like wyse uit. Sy absolute volmaaktheid kan alleen tot uitdrukking gebring word deur 'n veelheid en verskeidenheid van geskape dinge. God word deur Thomas die causa effiaiens en exemplaris genoem. Die verhouding tussen Skepper en geskape werklikheid is dus dié van oorsaak en gevolg. As gevolg van sy wetsidee word daar deur Thomas dus nie duidelik tussen Skepper en skepping onderskei nie, want skepping beteken volgens hom onder andere dat God iets goddeliks (die wet) in die dinge lê. Via die goddelike wet in die dinge ingeskape, is daar 'n sekere kontinuiteit tussen God en kosmos.
ISSN:2304-8557
Comprende:Enthalten in: Koers
Persistent identifiers:DOI: 10.4102/koers.v41i3/4.1242