Die wysgerige konsepsie van Thomas van Aquino

Samevattend is tot dusver die volgende aangetoon: Die werklikheid vertoon volgens Thomas 'n hierargiese struktuur. Daar is verskillende grade van syn. God is die hoogste, die volheid van syn, en by die laere synsniveaus is daar steeds 'n verdere verwydering van hierdie synsvolmaaktheid in...

Ausführliche Beschreibung

Gespeichert in:  
Bibliographische Detailangaben
1. VerfasserIn: Aquino, Thomas Van (Verfasst von)
Medienart: Elektronisch Aufsatz
Sprache:Nichtbestimmte Sprache
Verfügbarkeit prüfen: HBZ Gateway
Fernleihe:Fernleihe für die Fachinformationsdienste
Veröffentlicht: 1976
In: Koers
Jahr: 1976, Band: 41, Heft: 3/4, Seiten: 133-149
Online-Zugang: Volltext (kostenfrei)
Volltext (kostenfrei)
Beschreibung
Zusammenfassung:Samevattend is tot dusver die volgende aangetoon: Die werklikheid vertoon volgens Thomas 'n hierargiese struktuur. Daar is verskillende grade van syn. God is die hoogste, die volheid van syn, en by die laere synsniveaus is daar steeds 'n verdere verwydering van hierdie synsvolmaaktheid in die rigting van absolute afwesigheid van syn. Hierdie synshiërargie is volgens die vorm-materieskema opgebou. Die materie in die hoëre synslaag word vorm vir die laere, of omgekeerd: die vorm van die laere is die materie vir die hoëre dinge. God is absoluut suiwer vorm of wet (essensie). Die vorme van die dinge is die goddelike wet (genoem exemplar, similitudo, ratio, verbum of imago ) wat deur God daarin geskape is. God druk op dié wyse sy gelykenis op kreatuur.like wyse uit. Sy absolute volmaaktheid kan alleen tot uitdrukking gebring word deur 'n veelheid en verskeidenheid van geskape dinge. God word deur Thomas die causa effiaiens en exemplaris genoem. Die verhouding tussen Skepper en geskape werklikheid is dus dié van oorsaak en gevolg. As gevolg van sy wetsidee word daar deur Thomas dus nie duidelik tussen Skepper en skepping onderskei nie, want skepping beteken volgens hom onder andere dat God iets goddeliks (die wet) in die dinge lê. Via die goddelike wet in die dinge ingeskape, is daar 'n sekere kontinuiteit tussen God en kosmos.
ISSN:2304-8557
Enthält:Enthalten in: Koers
Persistent identifiers:DOI: 10.4102/koers.v41i3/4.1242