RT Article T1 Die vraagstuk van ideologie in die Sosiologie JF Koers VO 41 IS 3/4 SP 119 OP 132 A1 Bester, C. W. LA Undetermined YR 1976 UL https://ixtheo.de/Record/1936639238 AB Die wetenskap is 'n sisteem van geordende kennis wat steeds ontwikkel. Dus is ook die sosiologie as 'n vakwetenskap - en wel as een van die sosiale wetenskappe - soos alle ander vakwetenskappe 'n geordende en steeds ontwikkelende sisteem van wetenskaplike kennis. Gedurende die afgelope aantal jare het daar vrae by sommige sosioloë ontstaan oor die verband tussen die sosiologie as 'n wetenskaplike kennissisteem en ideologie as 'n "nie-wetenskaplike" sisteem van idees. Vrae oor hierdie verband kom veral na vore in terme van 'n beweerde - meestal implisiete, dus inbegrepe - ideologiese betrokkenheid van sommige kontemporêre sosioloë, soos veral weerspieël in hul teoreties-sosiologiose beskouings. DO 10.4102/koers.v41i3/4.1241