RT Article T1 Die beklemtoning van die geslagte of geslagslyste in Genesis JF Koers VO 45 IS 1 SP 54 OP 62 A1 Lion-Cachet, F. N. LA Undetermined YR 1980 UL https://ixtheo.de/Record/1936638207 AB Julius Wellhausen het reeds die belangrikheid van die geslagte of geslagslyste (toledot) besef en het in sy onderskeiding van die verskillende bronne tole­ dot as een van die karakteristieke woorde van die P-dokument beskou. P het dit later toegevoeg om die inhoud van die uit bronne saamgestelde Pen- tateug en in die besonder Genesis skematies te konstrueer. Die toledot-ioT- mule kom dan normaalweg aan die begin van sekere P-stukke voor. Die uit- sondering is Gen. 1:4a, waar dit die slotsin van ’n P-stuk vorm. As motive- ring vir hierdie afwyking is later verskeie oplossings aan die hand gedoen, bv. aat so ’n formule nie by die forse inleiding soos in Gen.l: 1 gevind tuishoort me. Die verbinding van toledot met die P-stukke is van verskillende kante bevraagteken (o.a. Eerdmans, Lohr, Volz, Smend, Eichrodt ens. — cf. Hul­ ling, 1964:216-26). Nadat Kulling (ibid., p. 217) ’n deeglike studie in dié verband ondemeem het, het hy afdoende bewys dat die to/edoi-formules nie aan die P-stukke verbind mag word nie, en dit was daarom ook nie die mer- kers wat ’n latere hand gebruik het om die boek Genesis te konstrueer nie. Hiermee het die belangrikheid van die toledot-formules nie afgeneem nie. DO 10.4102/koers.v45i1.1138