RT Article T1 L. J. du Plessis — ’n kort lewenskets JF Koers VO 46 IS 1 SP 3 OP 7 A1 Potgieter, P. J. J. S. LA Undetermined YR 1981 UL https://ixtheo.de/Record/193663791X AB Lodewicus Johannes du Plessis is op 10 Februarie 1897 te Burgersdorp gebore, waar sy vader hoogleraar aan die Literariesc Afdeling van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk was. Nadat hy aan die Vrye Christelike Skool van Burgersdorp en die openbare skool van Reddersburg skoolopleiding ontvang het, het hy in 1912 op Potchefstroom in die Matrikulasie-eksamen geslaag, waarheen die Teologiese Skool intussen verhuis het. In die B A -eksamen het hy in 1916 geslaag, en hy verwerf die honneursgraad in klassieke Tale die volgende jaar aan die Transvaalse Universiteitskollege. Aan die begin van 1918 is hy aangestel as lektor in die Klassieke aan die Literariese Departem ent van die Teologiese Skool - alles dus op besonder jeugdige leeftyd. DO 10.4102/koers.v46i1.1080